Skip to main content

Die minister van polisie moet ‘n skade-eis betaal van ‘n tiener van Khayelitsha wat drie jaar gelede deur ‘n polisieman wat van diens was, in die nek geskiet is.

Die hof het dit “skokkend” gevind dat ‘n beampte ‘n vuurwapen gekry het ondanks die feit dat hy sy skietoefening gedruip het en “deurlopend onbevoeg” was om ‘n vuurwapen te hanteer.

Die tiener is gestremd gelaat na die voorval.

Sonwabile Ralarala, wat 15 was ten tye van die voorval, is nou afhanklik van ‘n rolstoel.

In haar uitspraak op 4 November het waarnemende regter Alma De Wet gesê dit is “skokkend” dat Konstabel Mandla Mahlanza, wat by die Kensington-polisiestasie ten tye van die voorval gestationeer was, met ‘n Z88-pistool en 30 rondtes ammunisie uitgereik was ten spyte van die feit dat hy deurentyd sy jaarlikse “onderhoudskiet”-toetse gedruip het.

“Die verweerder [die minister] moes voorsien het dat die uitreiking van ‘n vuurwapen aan hom [Mahlanza] ‘n gevaar vir die publiek kan wees en dat skade op hande is,” het De Wet gesê. “En dit was nie verbasend dat ’n onberispelike seun ’n koeëlwond en tragiese lewensveranderende besering opgedoen het gegewe die roekelose en onverantwoordelike optrede van Mahlanza nie.”

Mahlanza is ná interne dissiplinêre verrigtinge in Desember 2019 daaraan skuldig bevind dat hy ‘n vuurwapen roekeloos afgevuur het en homself op ‘n skandelike en onaanvaarbare wyse gedra het. Sy dissiplinêre rekord het ander beweerde oortredings aan die lig gebring, insluitend skade aan ‘n polisievoertuig, besit van dagga en ecstasy, aanranding, afwesigheid sonder verlof, registrasie van vals inskrywings in die voorvalleboek, en dat hy by ‘n padblokkade vir dronkbestuur in hegtenis geneem was.

Konstabel Mandla Mahlanza is uit die Suid-Afrikaanse Polisiediens ontslaan.

Leave a Reply