Skip to main content

Toestande in Oos-Kaapse hospitale is haglik. Pasiënte wat by Livingstone Hospitaal in Nelson Mandelabaai opgeneem word, lê op beddens sonder beddegoed en kussings terwyl ander op matrasse op die vloer lê. Dié wat gelukkig is om beddegoed te hê, lê tussen vuil lakens en komberse.

Wanneer pasiënte vra vir beddegoed, of selfs skoon beddegoed, word daar gesê dat die linnekamers leeg is.

Hospitaalbestuur sê egter dat die storie oor “leë linnekamers” onwaar is.

Volgens die Nasionale Gesondheidswet kan enige persoon (insluitend pasiënte) “ ’n klag lê oor die wyse waarop hy of sy by ’n gesondheidsinstelling behandel is en die klagte laat ondersoek”.

Vuil beddegoed kan bakteriële infeksies, asook parasitiese besmettings soos brandsiekte, oordra aan pasiënte. Bloed op vuil beddegoed kan moontlik virusse wat in bloed leef oordra en beskadigde matrasse kan vel- en sagteweefselinfeksies aan pasiënte gee.

Leave a Reply

error: Content is protected !!