Skip to main content

Die VF Plus se leier, dr. Pieter Groenewald, sê die uitslag van die 2021-plaaslike regeringsverkiesing en die party se groei van 242% bevestig dat “die party nou onteenseglik as een van die groot vyf rolspelers op die Suid-Afrikaanse politieke landskap is.”

Hy sê die uitslag is nie net ʼn oorwinning vir die VF Plus nie, maar ook vir minderhede van regoor Suid-Afrika wat ʼn tuiste gevind het in die party wat oor die laaste jare van krag tot krag gegaan het.

Die VF Plus het nou verteenwoordiging in al agt metro’s in Suid-Afrika. Die metro’s is:

  • Nelson Mandelabaai (Oos-Kaap)
  • Buffalo City (Oos-Kaap)
  • Kaapstad (Wes-Kaap)
  • Tshwane (Gauteng)
  • Ekurhuleni (Gauteng)
  • Johannesburg (Gauteng)
  • Mangaung (Vrystaat)
  • eThekwini (KwaZulu-Natal)

Die party het veral geweldige groei in die Tshwane-metro (Pretoria) beleef met ‘n toename van 325% in die aantal raadslede. “Die VF Plus is die koningmaker in baie rade waar geen enkele party ‘n meerderheid op homself verenig het nie. Die groot aantal rade waar koalisieregerings gaan geld, bewys die VF Plus se standpunt dat veelpartyregerings die toekoms van Suid-Afrika is, as reg,” sluit Groenewald af.

Leave a Reply

error: Content is protected !!