Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Munt stel ‘n nuwe reeks Groot Vyf versamelbare munte vry. Dit is die tweede reeks oor hierdie diere. Die eerste reeks het in 2019 verskyn.
Daar is ‘n wesenlike verskil in hoe die diere op die nuwe munte, wat elke ses maande uitgegee sal word, uitgebeeld word. Hul gesigte sal oorheersend op die munte te sien wees. Die olifantmunt sal eerste verskyn; daarna die leeu, renoster, luiperd en buffel en sal in platinum, goud en silwer beskikbaar wees in verskillende ons-groottes.

Leave a Reply