Skip to main content

Suid-Afrika se veelbekroonde MultiChoice-rolprent Barakat is deur die Nasionale Film- en Videostigting (NFVF) gekies as Suid-Afrika se amptelike voorlegging vir Beste Internasionale rolprent by die 94ste Oscar-toekennings® in 2022.

Na hierdie benoeming is Amy Jephta slegs die 4de vroulike Suid-Afrikaanse regisseur wat daarin kon slaag om hierdie deurbraak te maak.

‘n Moslem weduwee, Aisha Davids, se poging om haar gebroke familie gedurende Eid-al-Fitr te verenig, word in hierdie rolprent uitgebeeld. Vinette Ebrahim vertolk die rol van Davids.

Barakat word vertel in Afrikaaps, die wydgesproke Kaapse dialek van die Afrikaanse taal.

Leave a Reply

error: Content is protected !!