Skip to main content

Kontrakteurs van Tenova Mining and Minerals SA wat steenkoolvervoerbande by Kusile se eenhede vyf en ses moes oprig, het reeds twee weke gelede hul gereedskap by dié kragstasie opgepak as gevolg van ‘n kontraktuele dispuut met Eskom.

As hierdie twee eenhede nie betyds in werking kom nie, sal dit beslis die kans op langer en meer gereelde beurtkrag verhoog.

Nog twee ander kontrakteurs betwis betaling.

Paula Goatley, Eskom se waarnemende hoof van instandhouding – wat moet verseker dat beurtkrag gestaak word – het tydens ‘n mediabesoek aan die Lethabo-kragstasie naby Standerton gesê meer as 17 000 MW van Eskom se opwekkers is nie in staat om krag te voorsien nie.

Sy was geskok oor die stand van sake aangesien Eskom se kragstasies nog nooit in só ‘n toestand van verval was nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!