Oscar Pistorius, die voormalige Paralimpiese atletiekster wat tot 23 jaar en vyf maande tronkstraf gevonnis is vir die moord op sy vriendin, Reeva Steenkamp, kan binnekort op parool vrygelaat word.
Voilgens Singabakho Nxumalo, ‘n woordvoerder van die departement van korrektiewe dienste, kan sekere gevangenes in aanmerking kom vir parool nadat hulle ‘n gedeelte van hul vonnis uitgedien het. Die besluit om Oscar Pistorius se paroolaansoek toe te staan, is nog nie gefinaliseer nie.
Hierdie nuus het tot ‘n groot bohaai op sosiale media gelei. Baie mense meen dat Pistorius voorkeurbehandeling ontvang, maar daar is ‘n klompie wat voel dat hy ‘n lewe buite die tralies kan geniet.