Skip to main content

Athol Williams, die staatskapingsfluitjieblaser, het Suid-Afrika op 1 November stilletjies verlaat omdat hy vir sy lewe vrees nadat hy voor die Zondo kommissie getuig het.

Williams het gesê: “As ek in die land gebly het, was daar ‘n goeie kans dat ek stilgemaak sou word, so ek het vertrek, maar ek sal voortgaan om vir die waarheid te pleit en die saak van geregtigheid te bevorder, maak nie saak hoe ver van die huis af ek is nie,” het Williams gesê.

“Ek het nou min oor om te verloor behalwe die liefde van ‘n paar mense. Maar ek sal nie my vasberadenheid verloor om die kaping van Suid-Afrika tee te staan nie. Ek sien uit na die dag, hopelik binnekort, wanneer ek kan terugkeer huis toe om voort te gaan met ons kollektiewe poging om die belofte van ons demokrasie te verwesenlik.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!