Skip to main content

Drie kinders het Saterdag kort na mekaar in New Brighton gesterf.

Kolonel Priscilla Naidu, ‘n polisiewoordvoerder, het gesê die polisie doen ‘n geregtelike nadoodse ondersoek ná die dood van die drie kinders, Sinothando Ngwendu (11) – ‘n niggie van die ander twee oorledenes – Olwam Ngwendu (7) en die vier maande oue Athenkosi Ngwendu.

“Daar word beweer dat die drie kinders Saterdag hul grootouers op ‘n besoek aan familie in New Brighton vergesel het.

“Sondag het die 11-jarige meisie winkel toe gegaan en ‘n pakkie noedels gekoop,” het Naidu gesê.

Daar word vermoed dat sy die pakkie noedels gaargemaak het en al drie die kinders dit geëet het voordat hulle vertrek het.

“Toe die kinders by die huis in Motherwell aankom, het Sinothando gekla dat sy naar voel. Haar ouma het vir haar water gegee om te drink.

“Olwam het ook gekla van maagkrampe en naarheid. Terwyl hulle met privaat vervoer na die Motherwell-kliniek vervoer is, is hulle oorlede,” het Naidu gesê.

Naidu bevestig dat kort nadat Sinothando en Olwam na die hospitaal geneem is, is die baba ook oorlede terwyl hy in ‘n ander voertuig na ‘n hospitaal onderweg was.

Leave a Reply