Skip to main content

Die Waarheid Media is vanjaar se borg vir een van die grootste dig-en skryfkompetisies in die land.

Die ontstaan van ons woordeskat dateer terug na ongeveer 1595 toe die inheemse Khoi-Khoi taalkontak gemaak het met Nederlandse handelaars. Wat ‘n pragtige, kleurryke taalbaba is daar gebore!

Omdat Afrikaans óns taal is, die woorde deel is van óns siele, is hierdie die ideale manier om hulde te bring daaraan.

Die top 20 dig- en skryf deelnemers sal ryklik beloon word vir weke van bloed, sweet en trane wat gaan voorlê om die perfekte gatskop-gedig of -storie op die blaaie voor te lê. Is jy braaf genoeg om pa te staan vir ‘n prys?

Onthou: woorde is die vlerke om dìt oor te dra wat uit die kerns van ons gedagtes eggo. Vlieg hoog!

Besonderhede:

Deelname is onderhewig aan aansluiting by die volgende twee faceboek groepe:

Skryf Jou Storie

https://www.facebook.com/groups/993537684068068

Diggroep vir Beginners en Begaafdes

https://www.facebook.com/groups/1025433287504287

Inskrywingsfooi: Gratis

Sluitingsdatum vir registrasie: 10 November 2021

GEEN LAAT INSKRYWINGS SAL AANVAAR WORD NIE.

4 Comments

  • Carol Overberg says:

    Wil Graag registreer Vir Digkuns Vir Beginners.

    • Sonja Brown says:

      Dame, jy moet gaan registreer op Skryf Jou Storie en Diggroep vir Beginners en Begaafdes (op Facebook) om deel te kan neem. Maak seker dat jy hulle vrae beantwoord, anders gaan hulle jou nie aanvaar nie.

  • Anna van Niekerk says:

    Ek wil bitter graag deelneem. Ek hou van skryf en dig maar het geen professionele opleiding gehad nie.

    • Sonja Brown says:

      Dame, jy moet gaan registreer op Skryf Jou Storie en Diggroep vir Beginners en Begaafdes (op Facebook) om deel te kan neem. Maak seker dat jy hulle vrae beantwoord, anders gaan hulle jou nie aanvaar nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!