Skip to main content

Die VK is tans die gasheer vir die 26ste VN-klimaatveranderingskonferensie (COP26) in Glasgow.

Die doel van dié beraad is om partye bymekaar te bring om optrede te versnel t.o.v. die doelwitte van die Parys-ooreenkoms (die vermindering van lande se koolstofvrystellings tot netto nul) en die VN se Raamwerkkonvensie oor Klimaatsverandering.

Hulle beoog om as ‘n span aksie te neem om die beskerming en die herstel van woude en kritieke ekosisteme te bevorder, asook kampvegter word vir die oorgang na volhoubare, veerkragtige en positiewe landbou.

Die olifant in die vertrek is steenkoolmyne.

Suid-Afrika produseer jaarliks meer as 250 miljoen ton steenkool, ongeveer 4,9% van die wêreld se opbrengs. 75% hiervan word hier in ons land gebruik, – hoofsaaklik vir Eskom – en SA verskaf meer as 90% van die steenkool wat in Afrika gebruik word.

Die hoofsaaklike gebruik vir die steenkool is om krag op te wek. In die staalbedryf word steenkool gebruik om ystererts te onttrek, en dit word ook gebruik in die vervaardiging van sement.

Steenkoolmynbou, gesentreer op die Hoëveld, speel ’n beduidende rol in Suid-Afrika se ekonomie.

21 uit elke 100 myners in Suid-Afrika werk in steenkoolmyne (514 859 miners), d.w.s. ongeveer 103, 000 is steenkoolmyners.

Leave a Reply