Skip to main content

‘n Diensgroep se gemeenskapstuin, waarmee hulle probeer om die kosnood in die gemeenskap te verlig, is gestaak nadat skelms in die gemeenskap die omheining en gereedskap gesteel het en die stoorkamers gevandaliseer het.

Die groep het 76 lede tussen die ouderdomme van 21 en 83 jaar oud, en bestaan uit werklose jeugdigdes, gestremdes, oud-gevangenes, pensionarisse en mense op parool.

Hulle het ‘n oop stuk grond in Cloverdene, van 23 hektaar, in ‘n vinnig-groeiende gemeenskapstuin omskep. Hierdie grond word deur die korrektiewe diens besit. Die grond was voorheen in gebruik om groente vir die gevangenis in Modderbee te kweek, en ook om te help om gevangenes te rehabiliteer.

Mpho Sebasho, die voorsitter van die koöperasie, verwelkom die besluit om ‘n tuin te begin om te verhoed dat gemeenskapslede shacks op die leë grond oprig. Sebasho sê dat elke lid minstens R100 elk self bydra om gereedskap en saad te koop, asook vervoerkoste te dek vir dié wat van vervoer afhanklik is.

“Ons wil graag hê die regering moet ons finansier sodat ons meer groente kan verbou aangesien ons binnekort aan supermarkte wil voorsien en werk wil skep.

“Ons het ook enige besighede nodig wat ons kan help om die grond met ’n heining te beveilig, die gevandaliseerde stoorplekke te herbou en toilette te bou, want die vroulike lede moet oorstap na die nabygeleë huis as hulle ‘n toilet moet gebruik,” sê Sebasho.

Die koöperasie sal enige skenkings van tuingereedskap, sade, ‘n heining, boumateriaal en water waardeer.

Die lede werk Maandag tot Vrydag van 08:00 tot 14:00 in die tuin. Gemeenskapslede is welkom om as vrywilligers te dien.

Vir enige skenkings, kontak Sebasho by 071 430 8437, Strike Mantsho by 073 828 8884 of Zanele Mahlangu by 067 744 2580.

Leave a Reply

error: Content is protected !!