Patrice Motsepe, die miljardêr-mynmagnaat se African Rainbow Energy and Power (AREP) het sy uitbreiding na SA se hernubare-energiesektor voortgesit nadat die konsortium net minder as die helfte van die projekte gewen het wat die staat in sy jongste poging vir groen energie toegeken het.
AREP, ‘n lid van die Ikamva-aandelekonsortium met voorkeurbieërstatus het 12 van die 25 projekte, wat na verwagting net onder 2 600 MW tot die nasionale netwerk toe sal voeg sodra dit voltooi is, bekom.
Die uitslae is verlede week deur die minister van energie, Gwede Mantashe, aangekondig.
“Ons beskou dit as ’n groot mylpaal vir die konsortium en sien daarna uit om ’n betekenisvolle rol in Suid-Afrika se energie-oorgang te speel,” sê Brian Dames, AREP se hoofuitvoerendebeampte en voormalige Eskom-hoof.