Skip to main content

Danie Heyns, ‘n bejaarde boer van Middelburg, Mpumalanga, is verlede Sondagaand amper vermoor deur onwettige grondbesetters. Die grondeienaar was vir meer as twee ure lank gemartel.

Heyns het ’n paar jaar gelede ’n hofbevel bekom toe daar skielik ’n sinkhuis op sy plaas gebou is deur ’n man wat ’n grondeis ingedien het. Die balju het die sinkhuis afgebreek en die hof het beveel dat daar nie verdere strukture gebou mag word nie.

Sondagaand het Heyns egter opgemerk dat daar weer onwettige strukture op sy plaas gebou is. Hy het nader gegaan om foto’s en video’s te neem as bewysstukke.

Danie Heyns is daarna deur die onwettige grondbesetter met ‘n voorwerp aangeval en in die proses het hy ‘n waarskuwingskoot afgevuur. Heyns het gesê ‘dat hy maklik die aanvaller dood kon geskiet het, maar hy wou nie’. Hy het sy vuurwapen verloor toe een van die aanvallers hom met ‘n hark oor sy kop geslaan het.

Daarna was hy vir omtrent twee ure lank aangerand deur ‘n groep van ongeveer 20 mense, sy skouerbeen is in die proses afgeslaan en ‘n vrou het aanhoudend gegil “bring die petrol en brand hom!” terwyl die ander haar toegejuig het. Daar is ook baie foto’s en video’s van hom geneem.

“Ek het onophoudelik gebid. Mens kon die duisternis en die haat in hulle gesigte sien.”

Die SAPD ondersoek die saak verder.

Leave a Reply