Diwali, een van die hoogtepunte op die Hindu-kalender, skop vandag af.
Diwali is ‘n fees van ligte en een van die belangrikste feeste wat gevier word deur Hindoes, Jains, Sikhs en sommige Boeddhiste.
Die fees duur gewoonlik vir vyf dae.
Die Regering laat toe dat vuurwerke tussen 19:00 en 22:00 aangesteek word.
Wees asseblief verdraagsaam en respekvol teenoor mekaar.
Diegene wat feesvier: hou asseblief by die wet deur respek te toon teenoor jou bure, diere, ens.
Diegene wat nie feesvier nie: respekteer dit asseblief as deel van ‘n kulturele en godsdienstige aktiwiteit.
Vir troeteldiereienaars:
Neem asseblief die nodige voorsorgmaatreëls om jou troeteldiere teen die vuurwerke te beskerm:
- Neem nuwe foto’s van jou troeteldiere, ingeval hulle die pad vat, sodat hulle uitgeken kan word.
- Maak seker dat jou diere se mikroskyfiebesonderhede op datum is.
- Maak seker dat die ID-merkerbesonderhede op die skyfies korrek is.
- Maak ‘n lys van alle noodveeartse en dierewelsynorganisasie se telefoonnommers, en hou dit op ‘n veilige plek.
- Kry vroegtydig kalmeermiddels as jy senuweeagtige diere het; moenie wag tot die laaste oomblik nie.
- Hou troeteldiere BINNE en skakel die TV/Radio aan.
- Verseker die teenwoordigheid van ten minste een familielid om jou troeteldiere deur die aand.