Skip to main content

DOREEN VERMAAK

‘n Polisiebeampte word daarvan beskuldig dat hy ‘n vlootkaart (petrolkaart) wat aan ‘n staatsvoertuig behoort, tot sy eie voordeel gebruik het deur sy privaatvoertuig daarmee te hervul.

Hy het een nag kort voor middernag sy privaatvoertuig gaan hervul en na middernag eers die staatsvoertuig hervul, sodat die vlootbestuur nie kon opmerk dat twee voertuie tydens sy skofbeurt vol brandstof gemaak is nie.

Die vulstasie-eienaar het gesê, “dat daar wel al voorheen sulke oortredings aangemeld was, maar in die meeste gevalle sal die verdagtes eers wag vir motoriste om kontant te betaal en dan hul vlootkaart gebruik om vir die transaksie te betaal en so die kontant tussen mekaar verdeel”.

Daar is nog onduidelikheid of die kassiere, pompjoggies en die polisiebeampte saamgewerk het.

Die ondersoek is nog in ‘n sensitiewe stadium en daar is nie sekerheid of meer polisiebeamptes betrokke is by die voorval nie.

Die ondersoek na nog verdagtes duur voort. “Nog ondersoeke oor soortgelyke oortredings in die provinsie is ook aan die gang.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!