Skip to main content

Speurders in Gqeberha vra die gemeenskappe in die omliggende gebiede se hulp om ‘n moordverdagte op te spoor wat na bewering sy slagoffer Dinsdag in die vroeë oggendure in Durbanweg, Korsten, herhaaldelik met ‘n mannekyn aangerand het.

Daar word beweer dat ‘n slapende hawelose omstreeks 02:30 deur die aanvaller wakker gemaak is. Toe die aanrander agterkom dat die hawelose man nie die persoon is na wie hy soek nie, het hy toe ‘n ander (ongeveer 60-jarige) man wat op trappe gesit het genader en hom met die mannekyn begin moker. Die aanvaller het toe met die winkelpop weggehardloop. Die onbekende man is erg beseer en is later op die toneel dood.

Die polisie ondersoek ’n saak van moord en doen ’n beroep op enigiemand wat moontlik die oorledene kan identifiseer asook waar die verdagte is, om die SAPD Gelvandale by 041 402 2018/19 of Crime Stop by 08600 10111 of hul naaste polisiestasie te kontak. Alle inligting is vertroulik en bellers kan anoniem bly.

Navrae: Kolonel Priscilla Naidu (071 362 8726)

Leave a Reply