Inwoners wat gevind het dat hulle óf verkeerd op die OVK-databasis geregistreer is óf glad nie geregistreer is nie – ten spyte daarvan dat hulle bewys van registrasie het, kan ‘n ARTIKEL 65-BESWAAR by die OVK indien.
As jy nie ‘n LUR 7-vorm by die stemlokaal voltooi het nie, kan jy ‘n Artikel 65-beswaar per e-pos by Objections@elections.org.za indien nie later nie as Woensdag, 3 November om 17:00.
Inligting wat by ‘n beswaar ingesluit moet word:
- ‘n Verwysing na die betrokke verkiesing en die betrokke afdeling van die Plaaslike Regering: Munisipale Verkiesingswet 27 van 2000 ingevolge waarvan die beswaar gebring word (sien skakel hieronder)
- Die volle naam en fisiese adres van die persoon wat beswaar aanteken
- Die telefoonnommer en e-posadres waarmee die persoon wat beswaar aanteken gekontak kan word
- Die belang van die die persoon wat beswaar aanteken in die saak
- Naam en kontakbesonderhede van die party-agent teenwoordig by die geaffekteerde stemlokaal
- Besonderhede van die beswaar en die aspek van die betrokke verkiesing
- Gedetailleerde redes vir die beswaar
- Die antwoord wat jy verlang
- Stawende dokumente met betrekking tot die beswaar
Meer inligting oor die Artikel 65-besware kan hier gevind word.
https://www.elections.org.za/pw/Documents/Section%2065%20Objections%20Information%20Summary.pdf