In ‘n geskiedkundige eerste het die DA die munisipaliteit van uMngeni in die KwaZulu-Natalse Middellande gewen, en hou 13 van die raad se 25 setels. Hierdie deurbraakoorwinning in wat tot dusver ‘n ANC-vesting was, is die eerste munisipaliteit wat die DA ooit in KZN gewen het.
Selfs die voormalige ANC-onderburgemeester, Nompumelelo Buthelezi, het erken dat daar geen toekoms vir uMngeni onder die ANC is nie, toe sy op die vooraand van die verkiesing by die DA aangesluit het.