Skip to main content

Die premier van Noordwes, Kaobitsa Bushy Maape, het met kommer kennis geneem van mediaberigte wat aandui dat Country Bird Chicken Company in Mahikeng, dit oorweeg om toe te maak, klaarblyklik weens ‘n gebrek aan dienslewering deur die plaaslike munisipaliteit.

Country Bird bedryf al dekades lank besigheid in Mahikeng en die sluiting daarvan kan die verlies van meer as 2 000 werksgeleenthede beteken.

Premier Maape het gesê in die lig van hierdie mediaberigte sal die Provinsiale Regering binnekort met hierdie maatskappy in gesprek tree, en is ook besig om ‘n program van skakeling met die verskillende sektore van georganiseerde besigheid in die provinsie in plek te stel om nouer werksverhoudings tussen die Regering en besigheid te vestig.

Leave a Reply

error: Content is protected !!