Eskom het vanoggend weer gewaarsku dat beurtkrag enige tyd op die ingewing van die oomblik ingestel kan word as enige van die opwekkingseenhede weer probleme gee.
Suid-Afrikaners word genoop om minder krag te gebruik om te keer dat die stelsels ineenstort.
Al het 3 eenhede by Medupi-, Kendal- en Camdenkragstasies weer begin werk, het twee ander, een elk by Hendrina- en Arnotkragstasies, die gees gegee. Arnot se tweede eenheid asook een by Lethabo-kragstasie was noodgedwonge afgeskakel.