Skip to main content

‘n Man is dood toe ‘n ligte vliegtuig in ‘n veld naby Boschkopweg, oos van Pretoria, neergestort het. Die voorval het gister net voor14:00 plaasgevind.

Emer-G-Med paramedici het in ‘n verklaring gesê die vlieënier, wat die enigste insittende was, het noodlottige beserings opgedoen en is deur paramedici op die toneel dood verklaar.

Die toneel is deur die Suid-Afrikaanse Polisiedienste beveilig en sal dienooreenkomstig ondersoek word.

Leave a Reply

error: Content is protected !!