Lyk die Suid-Afrikaanse landelike vroue se stand anders as 25 jaar gelede?
‘n Studie deur verskeie instansies en kenners bevind dat:
Daar was baie veranderinge in die laaste 25 jaar in SA. Demokrasie, veranderende gesondheids-, maatskaplike en ekonomiese beleid, die MIV/VIGS-pandemie en sedert 2020 die COVID-19-pandemie.
Die Suid-Afrikaanse Mediese Navorsingsraad/Wits Universiteit Landelike Openbare Gesondheid en Gesondheid Oorgangsnavorsingseenheid se studie oor die afgelope 30 jaar t.o.v. gesondheids- en sosio-demografie in Agincourt, Mpumalanga het ander in staat gestel om meer hiervan te leer. Tydens die studie, met die hulp van die gemeenskap en die openbare gesondheidsektor kon hulle data bekom oor tendense in die lewens vanuit SA se landelike omgewings.
In die algemeen beleef vroue ongelykhede t.o.v. werksgeleenthede, kwaliteit onderwys, en onvoldoende toegang tot basiese geriewe. Dit is duidelik dat vroue ‘n sentrale rol speel in alle landelike gemeenskappe.
Daar was aansienlike verbeteringe vir landelike vroue wat maatskaplike toelaes en verbeterde gesondheidsdienste betref, maar daar is byna niks gedoen aan volhoubare ontwikkeling vir hierdie vroue gedoen nie. As dit kan verbeter, sal daar beslis verandering in gesondheids- en sosio-ekonomiese toestande in al die huishoudings wees.
Agincourt, teen die Mosambiekse grens, se bevolking bestaan uit 1/3 Mosambiekse immigrante. Die studie het 31 dorpe gedek, wat 116 549 mense uit 22 721 huishoudings bevat. 52% van Agincourt inwoners is vroue. Arbeidsimigrasie vanuit Agincourt het gegroei tot 22,3% in 2018 teenoor 10,9% in 1994. Die persentasie vroue woonagtig in alle landelike gebiede het ook ‘n skerp daling getoon.
Voorheen was baie huishoudings onder leiding van vroue, en dit het fel toegeneem tot 44% in 2018 teenoor 31% in 1994. 42% van vroue maak staat op maatskaplike toelaes en 25% werk. Dit het bygedra tot beter voedselsekerheid vir landelike huishoudings wat dan ook beter skoolbywoning van kinders tot gevolg gehad het.
Groot afnames in vrugbaarheid by vroue tussen die ouderdomme 25-34 jaar is waargeneem. Dit woord grootliks toegeskryf aan verhoogde en gereeld beskikbaarheid en die gebruik van voorbehoed- en gesinsbeplanningsdienste.
Babasterftesyfers het ook afgeneem sedert daar meer toegang is tot voorgeboortesorg, asook gekwalifiseerde bystand tydens geboortes.
2004-07, die hoogtepunt van die MIV/VIGS-pandemie, het ‘n lewensverwagting by vroue op 58,4 te staan gebring. MIV sterftes het gekrimp tot 15% vanaf 5%. Van alle landelike vrou bo 40 wat HIV positief is, is daar 45% wat anti-retorvale medikasie gebruik.
Die skokkende bevinding was egter dat nie-oordraagbare siektes soos beroerte, hartsiektes en diabetes skerp toegeneem het en sterftes aan kardiovaskulêre siektes het tot 1/3 van landelike vroulike bevolking gestyg.
Die COVID-19-pandemie se impak is steeds deel van die ‘studieproses’. Die impak op verskeie aspekte, insluitend gesondheidsorgbenutting en indiensneming in landelike Agincourt, word deurgaans gemonitor deur telefoniese onderhoude met 2 200 huishoudings te voer.
In Maart 2020, met die aanvang van die landwye inperking, het 40% van die Agincourt-bevolking nie toegang tot kondome gehad en 45% nie toegang tot gesinsbeplanning gehad nie. Verskeie faktore kon hiertoe bygedra het, maar daar is ‘n verwagting dat hierdie tydperk die MIV-syfers en vrugbaarheidsyfers kan verander.
Die pandemie het ook veroorsaak dat byna 50% van die werkende bevolking vermindering of verlies aan inkomste ervaar. Daar is geweldige druk op huishoudings hieroor. Na verwagting sal voedselsekerheidsyfers en skoolbywoning van kinders hierdeur geraak word.
In kort: die Suid-Afrikaanse landelike vroue leef langer, baar minder kinders, is beter opgevoed, en meer beweeglik. Daar is verwagtinge dat nie-oordraagbare siektes steeds sal styg.
Die volgende mense het tot hierdie inligting bygedra, (soos berig deur The Conversation Africa):
Kurium Govender, Projekadministrateur by die MNR/Wits Landelike Openbare Gesondheid en Gesondheidsoorgangnavorsingseenheid (Agincourt), het tot hierdie artikel bygedra. Die Agincourt-navorsingseenheid is ‘n nodus van die Suid-Afrikaanse Bevolkingsnavorsingsinfrastruktuurnetwerk (SAPRIN), en word ondersteun deur die Departement van Wetenskap en Innovasie, met vorige ondersteuning van die Wellcome Trust, VK.
Ryan G Wagner, Navorsingsgenoot, Wits Skool vir Openbare Gesondheid, Universiteit van die Witwatersrand; Chodziwadziwa Whiteson Kabudula, Senior Navorser Landelike Gesondheid in Oorgang en Agincourt Navorsingseenheid, Universiteit van die Witwatersrand, en Daniel Ohene-Kwofie, Datawetenskaplike: MNR/Wits Landelike Openbare Gesondheid en Gesondheid Oorgangsnavorsingseenheid (Agincourt), Universiteit van die Witwatersrand
Hierdie artikel is hergepubliseer vanaf The Conversation Africa onder ‘n Creative Commons-lisensie. Lees die oorspronklike artikel.