Iqbal Survé dra vandeesweek hierdie ongesogte titel. Die rede vir sy toekenning is die feit dat hy steeds onwrikbaar mense probeer oortuig dat die tienling inderdaad hierdie wêreld betree het. Nog vis, nog vlees, het ooit hierdie tien babas onder oë gehad nie, en Die Waarheid se mening is dat hierdie gewone mediese praktisyn sy eie bas probeer red deur hierdie verregaande stellings in die publiek te maak. Hy moes geweet het dat die babas nooit bestaan het nie, en daarom was die miljoen rand wat hy belowe het veilig.