‘n Sekuriteitsmaatskappy in die Kraaifontein area het gistermiddag net na 14:00 op ‘n oproep gereageer, waar ‘n bejaarde man se liggaam in ‘n plantasie naby Kraaifontein gevind is. Gewapende reaksie sowel as die maatskappy se mediese span het hul dadelik na die toneel gehaas.
Met aankoms is ‘n bebloede, bejaarde man met ‘n kopwond aangetref. By nadere ondersoek is bevind dat die man reeds aan sy wonde beswyk het. Die mediese span het die man op die toneel dood verklaar.
Daar word beweer dat die oorledene ‘n slagoffer was van ‘n rooftog wat lelik skeefgeloop het.
Die bejaarde man was die laaste keer die oggend in Kraaifontein met sy silwer Nissan Xtrail, met registrasie nommer CF 296-516 opgemerk, die voertuig word tans vermis. Die saak word verder deur die SAPD ondersoek.
Enigiemand met inligting kan die Suid-Afrikaanse Polisiediens kontak.