Skip to main content

Petrus Sitho is weer op ‘n belangrike pelgrimstog, hierdie keer stap hy vanaf Oos Londen na Kaapstad om weereens steun vir die boere in Suid-Afrika te wys.

Hy vra dat mense more-oggend om 10H00 by hom by die parlementsgebou in Kaapstad moet aansluit waar hy beoog om met Cyril Ramaphosa, Bheki Cele, Rajnath Singh en Ronald Lamola te ontmoet. Of hulle gaan opdaag is ‘n goeie vraag.

Petrus se leuse is ‘ek gaan nie terug nie, ek gaan vorentoe’.

Hy is reeds ‘n bekende gesig regoor die land, en voel dat sy missie om vir boere op te staan belangrik is. Sonder boere, sê hy, sal die land vou. As boorling van ‘n plaas waar beide sy ouers gewerk het, erken hy die belangrikheid van boere. Hy onthou dat hy as kind nooit enigiets kortgekom het nie. Selfs as hy siek geword het, het die plaasboer hom dokter toe gevat.

In sy reise het hy met menigte slagoffers van plaasaanvalle, dis nou dié wat dit oorleef het, onderhoude gevoer. Een van die boere het vertel hoe hy moes toekyk terwyl sy vrou verkrag word, en daarna ook moes toekyk hoe die hele familie geskiet word. Hy is die enigste oorlewende van die gesin.

“Ek veg vir vir my land, my boere, my kos. Sonder boere sal ons niks wees nie.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!