Skip to main content

Volgens ‘n 2019 interne Eskom-dokument, saamgestel deur ‘n senior bestuurder werksaam by Eskom se interne ouditeenheid, word daar berig dat hierdie kragvoorsiener se wiele nou afval.

Eskom was tóé al verby breekpunt.

Mike Rossouw, uitvoerende hoof van Energy Thought Leader bevestig dat Eskom nou nie meer aan die gang kan bly nie. Hy beskryf toestande daar as ‘haglik’.

“Eskom is na aan ‘n totale ineenstorting,” het Rossouw tydens ‘n onlangse onderhoud op radiostasie 702 gesê.

Rossouw, ‘n voormalige voorsitter van die Energie-intensiewe Gebruikersgroep, het in 2014 as adviseur by Eskom begin werk.

“Ek sien nie ’n lig aan die einde van die tonnel nie. Om die waarheid te sê, ek sien ’n groot trein opons afkom in die tonnel,” het Rossouw gesê.

“Ons sal beslis daaraan gewoond moet raak om in die donker te wees.”

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!