Die seun wat saam met drake lewe (2) deur Andy Shepherd
Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het.
En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hê is ’n wonderlike ervaring, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak. Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk.
Boonop lyk die draakvrugboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die draakvrugboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.
Andy Shepherd is ’n kinderboekskrywer. Sy het aan die kus by Essex grootgeword en het die meerderheid van haar kinderdae in bote deurgebring, gedurig aan’t skryf. Sy woon tans naby Cambridge in Engeland saam met haar man en hulle twee seuns en haar hoofambisie in die lewe is om uit te pluis hoe om Cambridge nader aan die see te skuif.