Skip to main content

Lede van die Ugandese parlement het by die regering gepleit om aandag te gee aan die veiligheidskwessies in die land. Dìt nadat twee afsonderlike bomme in die land ontplof het.

Een persoon is dood en sewe ander beseer tydens ‘n ontploffing by ‘n restaurant in die Ugandese hoofstad, Kampala, op 23 Oktober 2021.

Die polisiewoordvoerder, Fred Enanga, sê die aanvallers het by die restaurant aangekom en het na bewering ‘n plastiek-inkopiesak gedra. Die sak was onder ‘n tafel geplaas en daar gelaat nadat hulle vertrek het.

Volgens Enanga het die toestel uit spykers en skrapnel bestaan.

In die tweede voorval was daar ‘n ontploffing op ‘n bus wat in die Mpigi-distrik gery het. Een persoon is dood en vele ander beseer.

Yoweri Museveni, die Ugandese president, het erken dat albei gevalle dade van terrorisme blyk te wees. Hy het belowe om die oortreders aan die pen te laat ry.

Leave a Reply