Skip to main content

Die EFF-leier Julius Malema gebruik die beurtkragfiasko om stemme te werf.

Hy beskuldig die regering dat hulle die matriekleerlinge wat tans eindeksamen skryf, faal.

“Matrieks skryf nou eksamens, daar is geen elektrisiteit nie. Julle het geen werk nie, en jy is die bewys van geen dienslewering nie. Onthou dit wanneer jy gaan stem,” het Malema gesê toe hy sy aanhangers in eThekwini toegespreek het.

Die raad vir gehalteversekering in onderwys en opleiding, Umalusi, se uitvoernde hoof, Mafu Ramoketsi, het vandeesweek die kragvoorsiener Eskom versoek om nie beurtkrag tydens eksamens te implementeer nie.

Eskom steur hulle duidelik nie aan enige sulke versoeke nie.

  • Die DA-leier, John Steenhuisen, het gister woedend op die instel van fase 4-beurtkrag gereageer. Hy het gesê dis verkeerd om dit “loadshedding” te noem. Mens moet dit “jobshedding” noem, omdat dit werke tot niet laat gaan.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!