BloLab, ‘n beginonderneming in Benin, is besig om plastiekwaterkanne in rekenaars te verander. Dit bestaan uit herwinde komponente en word teen ‘n lae koste aan die publiek versprei, skryf Anne Nzouankeu vir Voice of America.
Arthur Dadjo is ‘n student in Cotonou, Benin, waar innovasie en herwinning maats gemaak het. Die afgelope jaar gebruik hy ‘n rekenaar wat hy self gebou het. Dit is gemaak van ‘n plastiek waterkan, herwonne materiaal en onderdele van ‘n ou of stukkende rekenaar wat uiteindelik die rekenaar se moederbord en hardeskyf geword het.
Plaaslike inwoners noem dit “Jerry” na die naam van die houers (jerrycans). Met ‘royalty’-vrye sagteware geïnstalleer, is dit so goed soos ‘n nuwe een. En die belangrikste: goedkoop.