Skip to main content

SAPD Kinkelbos se stasiebevelvoerder Kaptein Nomachule Saki, en haar kollega, Konstabel Vanessa Baartman, het op 26 Oktober ‘n vrou bygestaan wat in Colchester in die Oos-Kaap geboorte gegee het aan ‘n gesonde babaseuntjie.

‘n Verbouereerde verkeersbeampte het die polisiestasie binnegehardloop en die vroue genader vir hulp.

Die twee beamptes was gretig om te help, en het haastig bevallingsbenodighede bymekaargemaak. Die vrou was reeds in ‘n gevorderde stadium van kraam by haar huis aangetref. Hulle het die vrou onmiddelik te hulp gesnel en haar met vaardigheid bygestaan. ‘n Pragtige, gesonde baba is gebore.

Die vrou en baba sterk goed aan.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!