Skip to main content

Hoe op aarde kan enigiemand wonder hoe tien babas skielik soos mis voor die son verdwyn? Dis immers nie so vreemd nie – goed verdwyn gedurig in Suid-Afrika. Ander goed wat spoorloos verdwyn het, sluit in:

  • Die R500 miljard Covid-hulpgeld
  • Die vaardighede van die Suid-Afrikaanse breintrust wat landuit is.
  • Die Nama-mense se aanspraak op die minerale rykdom van die grond waar hulle eeue gelede die eerste inwoners was.
  • Die waarde van die rand: ‘n Amerikaanse dollar kos nou byna R15… en ekonome is dit eens dat hy oorgewaardeer is bloot omdat die dollar so swak is. Met die verkiesing in 1994 het ‘n dollar jou R3,17 gekos.
  • Vryheid van mening en die reg om self te besluit oor watter politieke groepe jy ondersteun.
  • Die reg om self te besluit wat jy in jou liggaam wil laat inspuit.
  • Ekonomiese stabiliteit
  • Elektrisiteit
  • Goeie maniere
  • Binnekort is dit eiendomsreg en pensioene
  • Taalvryheid
  • Kwaliteit-onderwys in staatskole
  • Effektiewe misdaadvoorkoming
  • Politici se aanspreeklikheid
  • R150 miljoen uit die department van gesondheid.
  • Die Nasionale Party
  • Die Pierneef-skildery ter waarde van R8 miljoen wat in Ace Magashule se kantoor gehang het.
  • Kwaliteit staatsgesondheidsorg
  • Tannie Kopdoek se redes hoekom ons maande lank nie mag gerook het nie.
  • Werksgeleenthede
  • Gelykheid ongeag van ras.
  • ‘n Beter lewe vir almal
  • Jong mense wat kan spel

Leave a Reply