Die Afrika-unie en Europese-unie beraad het meer as 500 beraadgangers, waaronder 68 ministers van buitelandse sake, gehad. Hul doel was om die Afrika/Europese vennootskappe te versterk.
Die vyf hoogtepunte wat bespreek was:
Reaksie op die pandemie
Josep Borrell, ‘n hoë verteenwoordiger van die Europese Unie vir Buitelandse Sake en Veiligheid, het gesê dat Afrika en Europa saam meer dinge kan regkry wat die pandemie betref.
“Om meganismes in te stel wat ons eie mense moes red, het ons parallel gewerk om seker te maak dat hierdie antwoorde wêreldwyd beskikbaar was. Dit was egter nie so wyd verspreid as wat ons wou hê nie. Ons bydrae van meer as 3 miljard euro tot die COVAX-fasiliteit, het gesorg dat meer entstofdosisse Afrika-lande (dalk nie soveel as wat nodig is nie), bereik,” het hy gesê.
Borrell het bygevoeg dat hoewel die implementering van die Unie se betrokkenheid by inentingsveldtogte stadiger was as wat verwag is, is sowat 100 miljoen euro hieraan toegewys.
Konstruksie van entstofvervaardigingsaanleg vir mid-2022
Rwanda mag moontlik die tuiste wees van die vasteland se voorste vervaardigingsaanleg vir mRNA-gebaseerde entstowwe, danksy ‘n memorandum van verstandhouding wat op Dinsdag 26 Oktober in Kigali met BioNTech onderteken is.
Dié multi-miljard-dollar-fasiliteit in die Gasabo-distrik gaan afskop met ‘n produksievermoë van 50 miljoen entstofdosisse.
“Rwanda is daartoe verbind om met die Afrika-unie, die Europese Unie, BioNTech en ander tegnologievennote saam te werk om dit so vinnig moontlik ’n werklikheid te maak,” het dr Daniel Ngamije, minister van gesondheid, opgemerk.
Terugploeg, beter en groener
Deur kundigheid met hulpbronne kombineer, of omgekeerd, kan Afrika en Europa voorlopers word van wêreldwye volhoubare groei.
Volgens Borrell het die volhoubare groei twee dryfkragte. ‘n Oorgang na ‘n groen, klimaatneutrale ekonomie en digitale transformasie.
Dink aan die toekoms
Dr Vincent Biruta, die Minister van Buitelandse Sake en Internasionale Samewerking, beklemtoon dat dit belangrik is dat beide Afrika en Europa verder as korttermyn-imperatief begin dink om die medium- tot langtermyn strukturele uitdagings aan te spreek wat ‘n sterker en meer gelyke vennootskap sal verseker.
Vrede in Soedan
Die huidige situasie in Soedan was onder bespreking. Leiers het gevra dat konsultasies tussen burgerlikes en die weermag hervat moet word, maar dat streng menseregte toegepas moet word en politieke gevangenes vrygelaat moet word.