Skip to main content

Twee professors aan die Universiteit van Kaapstad (UK), Michael Claeys en Sheetal Silal, het NSTF-South32-toekennings ontvang ter erkenning van hul uitstaande bydraes tot wetenskap, ingenieurswese, tegnologie en innovasie in Suid-Afrika.

Silal, ‘n medeprofessor in die Departement Statistiese Wetenskappe aan die UK, en ‘n kenner in die ontwikkeling van wiskundige modelle vir die voorspelling van die dinamika van aansteeklike siektes, is bekroon vir haar bydrae deur die kombinasie van kennis van biologie, kliniese medisyne, openbare gesondheid en ekonomie om wiskundige siektemodelle te ontwikkel om gesondheidsbeleid te help vorm en die gesondheid van die mense te verbeter.

Claeys, ‘n professor in die Departement Chemiese Ingenieurswese en direkteur van die Suid-Afrikaanse nasionale DSI-NNS Sentrum van Uitnemendheid in Katalise, is erken vir sy lewenswerk oor die ontwikkeling van kapasiteit en navorsingskapasiteit in katalise – die proses om die tempo van ‘n chemiese stof te verhoog deur ‘n katalisator by te voeg- wat in 90% van die produksieprosesse vir chemikalieë voorkom, berig Infocus.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!