Skip to main content

Agt voetgangers is Maandagoggend deur ‘n voertuig getref nadat die bestuurder beheer oor sy voertuig verloor het.

Die ongeluk het om 08:43 in Garsfonteinweg in Pretoriuspark, Pretoria, plaasgevind.

Volgens Shawn Herbst, woordvoerder van Netcare 911, het die bestuurder na bewering beheer oor sy voertuig verloor en die agt voetgangers in die proses getref.

“By paramedici se aankoms op die toneel was een van die voetgangers steeds onder die voertuig vasgekeer. Paramedici het die persoon bevry en op die toneel behandel,” het Herbst bevestig.

Die ander sewe voetgangers is ook op die toneel behandel. Drie mans het ernstige beserings opgedoen en vier ander het geringe tot matige beserings opgedoen.

Thabo Charles Mabaso, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste maan motoriste en voetgangers om ekstra versigtig en paraat te wees tydens die reënseisoen.

Leave a Reply

error: Content is protected !!