Skip to main content

Beurtkrag is vanoggend om 09:00 ingestel en duur tot Saterdag om 05:00.

Eskom sê sy spanne het vanoggend suksesvol eenhede by Kusile, Matimba en Arnot weer aanlyn gebring, maar verdere vertragings om ander eenhede aanlyn te bring het die kapasiteitsprobleme vererger en Eskom se planne om sy noodopwekkingsreserwes aan te vul, in die wiele gery.

Eskom hoop om Koeberg se eenheid een deur die loop van die naweek aanlyn te bring, asook vyf ander eenhede deur die loop van die week. Daar is egter verskeie opwekkingseenhede wat dreig om te gaan staan en weens die bestaande kapasiteitsprobleme nie tans aandag kan kry nie.

Altesame 13 333 MW is weens onbeplande instandhoudingswerk nie beskikbaar nie, terwyl beplande instandhoudingswerk 5 548 MW uit die stelsel gehaal het.

Leave a Reply

error: Content is protected !!