Skip to main content

ʼn Egpaar is Sondagaand op hul plaas Willowslope in die Marquard-distrik in die Vrystaat deur ʼn man met ʼn byl aangeval.

Volgens Hannes de Bruyn, landelike veiligheidskoördineerder op Marquard, het Bernadine hom omstreeks 20:00 ʼn Whatsapp-boodskap gestuur en van die aanval in kennis gestel.

“Bernadine het net gesê hulle is deur ʼn verdagte met ʼn byl aangerand,” het De Bruyn gesê.

Volgens brig. Motantsi Makhele, woordvoerder van die polisie, het die verdagte na bewering die egpaar met ‘n byl aangeval en die egpaar het beserings aan hul kop en bolywe opgedoen.

De Bruyn het gesê, “die egpaar is na die aanval in ʼn ernstige toestand na ʼn hospitaal in Bethlehem gehaas en is later na die hospitaal op Senekal oorgeplaas.”

“Ons vermoed ʼn tweede verdagte het buite die huis gestaan en wag,” het De Bruyn gesê.

Hy sê daar is die oggend, terwyl die egpaar in die kerk was by die stalle op die plaas ingebreek en ʼn perde saal word vermis. Dit is nog nie duidelik of die diefstal met die aanval later die dag verband hou nie.

Volgens Makhele is ʼn klag van huisbraak en twee klagte van poging tot moord aanhangig gemaak.

Leave a Reply

error: Content is protected !!