Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse krieket-paaltjiewagter en voormalige kaptein Quinton de Kock het hom vanoggend aan die Protea-span teen die Wes-Indiese Eilande in die T20-wêreldbeker onttrek na Krieket SA se opdrag dat die nasionale span moes kniel in ondersteuning van die BLM-veldtog.

Spanning oor die kwessie vir Suid-Afrika duur voort sedert November verlede jaar. Die span is drie opsies gegee het om hul steun vir die stryd vir “maatskaplike geregtigheid” te wys, insluitend kniel, vuis in die lug steek, of op aandag staan.

De Kock het in Junie sy besluit om nie te kniel nie verduidelik deur te sê: “Dis elkeen se besluit; niemand word gedwing om iets te doen nie, nie in dié lewe nie. Dis hoe ek dinge sien.” De Kock se onttrekking het beteken Heinrich Klaasen het as paaltjiewagter diens gedoen, terwyl Reeza Hendricks ingebring is om saam met Bavuma die kolfwerk te open.

De Kock word as een van die heel beste T20-spelers ter wêreld beskou.

Leave a Reply

error: Content is protected !!