Soedannese leiers is in die vroeë oggendure van 25 Oktober by hul huise deur onbekende gewapende mans gearresteer. ‘n Regeringsbron het gesê dat daar reeds vir weke al spanning tussen burgerlike oorgangsowerhede en militêre owerhede is.
Die hele land is van die wêreld afgesny as gevolg van geen internet toegang nie. Betogers het in die strate bymekaar gekom waarna hulle bande aan die brand gesteek het om teen die arrestasies te betoog.
Soedan ondergaan ‘n onduidelike oorgang wat deur politieke verdeeldheid en magstryd ondermyn is sedert die verdrywing van president Omar al-Bashir in April 2019.
Bashir staar vyf aanklagte in die gesig.
Sy misdade teen die mensdom: moord, uitwissing, staatsgreep, marteling en verkragting;
twee aanklagte van oorlogsmisdade: doelbewuste aanvalle op ‘n burgerlike bevolking as sodanig of gerig teen individuele burgerlikes wat nie aan vyandelikhede deelneem nie, asook plundering;
drie aanklagte van volksmoord: deur te moor, of doelbewus ernstige liggaamlike of geestelike leed aan te rig.
Sedert Augustus 2019, word die land beheer deur ‘n burgerlik-militêre administrasie.
“Die huidige krisis is kunsmatig en neem die vorm aan van ‘n naderende staatsgreep,” het Yasser Arman, leier van die FFC, Saterdag tydens ‘n perskonferensie in die hoofstad Khartoem gesê.
“Ons hernu ons vertroue in die regering, premier Abdallah Hamdok, en in die hervorming van die oorgangsinstellings, maar sonder orde of oplegging,” het Arman bygevoeg.
Die spanning tussen die twee kante bestaan al lank, maar die verdeeldheid is vererger ná die mislukte staatsgreep op 21 September. Verlede week het tienduisende Soedanese in verskeie stede opgeruk om die volle oordrag van mag aan burgerlikes te ondersteun.