Skip to main content

Die lek van vertroulike dokumente onthul hoe Investec, ‘n beleggingsbank, deel was van die reuse Europese ‘cum-ex’ bedrogspul vanuit hul Ierse kantoor. Goedkeuring vir die bank se deelname aan die skemas, getuies en dokumentêre bewyse dui daarop dat dit van die hoofkantoor in Johannesburg af kom.

Verdagte transaksies ter waarde van honderde miljoene euro het daartoe gelei het dat Europese regerings bedrieg is deur die berugte “cum-ex” weerhoudingsbelastingbedrog.

Investec is deel van die prokureurs, bankiers en instansies van finansiële dienste van regoor die wêreld wat reeds betrokke is by wat na berig word die grootste bedrog in die geskiedenis is, wat na bewering Europese inkomstedienste meer as € 55 miljard gekos het, meestal tussen 2007 en 2012.

Bewyse uit die lekkasie verhoog ook die moontlikheid dat senior personeel, – waarvan sommige nog steeds topposisies beklee by Investec, moontlik die bank se betrokkenheid by hierdie skemas goedgekeur het – hulself en die bank oopmaak vir moontlike kriminele en siviele aanspreeklikheid.

Dit sluit na bewering die huidige uitvoerende hoof van Investec Europe, Michael Cullen, en ‘n voormalige uitvoerende direkteur, Alan Tapnack (sedert oorlede), waarvan laasgenoemde ‘n sleutelkontrak onderteken het wat Investec se deelname aan cum-ex-skemas vergemaklik het.

Ander werknemers het openlik transaksies in e-posse beplan en was volgens getuies deeglik bewus van wat hulle doen.

Cum-ex is, in die jargon van beleggingsbankwese, ‘n komplekse tipe ‘strategie’ vir handel. Dit behels verskeie rolspelers wat vinnig aandele onder mekaar koop en verkoop onmiddellik voor en na die verklaring van dividende deur ‘n maatskappy wat op ‘n beurs genoteer is. Die punt is om ‘n weerhoudingsbelasting terug te eis op die dividend wat uitbetaal is – maar om die terugbetaling twee keer te eis.

Die transaksies het ‘n interpretasie van die belastingkode gebruik wat destyds verskyn het om verskeie mense eienaarskap van dieselfde aandele te laat eis. Dit het tegnies meer as een belegger in staat gestel om ‘n terugbetaling te eis op ‘n belasting wat slegs een keer betaal is.

Aanklaers voer aan dat verdagtes wat by die transaksies betrokke was, geweet het dat hulle bedrog pleeg.

Daar was ‘n mate van onsekerheid rakende die wettigheid van hierdie transaksies, en sommige betrokke partye beweer dat hulle bloot ‘n belasting ontsnappingsklousule gebruik.

Leave a Reply

error: Content is protected !!