Skip to main content

Die SAPD se provinsiale eenheid vir dwelms en vuurwapens is steeds besig met operasies in KwaZulu-Natal. Dit is gevolg deur ‘n klopjag wat gister in die Wentworth-omgewing uitgevoer is.

Die span het ‘n deursoekingsbevel uitgevoer in een van die persele op Silvertreeweg in Wentworth. Die huis is geïdentifiseer as dié van een van die bekende dwelmhandelaars in die omgewing. Met aankoms was die verdagtes reeds besig om van die dwelms te probeer ontslae raak.

Daar is twee verdagtes in hegtenis geneem, nadat daar 2401 blou en wit kapsules wat heroïen bevat, ammunisie, twee magasyne en ‘n elektroniese weegskaal op die perseel gevind is. Daar is ook beslag gelê op kontant.

Die totale waarde van die dwelms en ammunisie wat gekonfiskeer is, is volgens markwaarde ongeveer R74 000-00. Die ammunisie sal aan ballistiese toetse onderwerp word om vas te stel of dit tydens die bendeverwante skietery in en om die Wentworth omgewing gebruik is.

Die verdagtes sal na verwagting vandag in die landdroshof in Durban verskyn op aanklagte van die besit van/handel met dwelms en die onwettige besit van ammunisie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!