Amathole distrik munisipaliteit, nog een van vele ander in die Oos-Kaap is wat ingryping moes kry om hul finansies te bestuur, – waar 1 670 werkers se maandelikse salarisse R65 miljoen rand per maand beloop -, het ‘n tender van R41 miljoen in September toegestaan vir ‘n waterskema projek.
Die gelukkige ‘wenner’ van hierdie Cafutweni waterskema tender vir Mbashe munisipaliteit in Dutywa is niemand anders as die omstrede kontrakteur, Thalami Civils, wat agter die R15 miljoen Enoch Mgijima-stadion sit nie.
Nonceba Madikizela-Vuso, die Amathole munisipale woordvoerder, het gesê dat die projek na 12 maande drinkbare water aan die Cafutweni-gemeenskap “op ‘n HOP-standaardvlak” kan voorsien.