Skip to main content

Sandile Shezi, SA se jongste selfverklaarde miljoenêr het homself Woensdag in die teenwoordigheid van sy prokureurs oorgegee nadat hy van bedrog aangekla is, sê Mavela Masondo, die Gautengse polisiewoordvoerder.

‘Ek kan bevestig dat hy in hegtenis geneem is. Hy sal môre [Donderdag] in die landdroshof in Randburg verskyn op aanklag van bedrog.”

Shezi, afkomstig van Durban, word aangekla omdat hy na bewering sy sakevennoot en aandeelhouer in sy onderneming Global Forex Institute [GFI] bedrieg het uit R500,000.

GFI word bemark as ‘n forex trading opleidingsinstituut wat mense oplei om hul eie handelsplatforms op te rig.

‘n Lasbrief vir Shezi se inhegtenisneming is vroeër hierdie maand uitgereik berig TimesLIVE.

Leave a Reply