Skip to main content

Suid-Afrika se president, Cyril Ramaphosa, het Dinsdag gedurende die 35ste herdenking van die dood van die eerste president van Mosambiek, Samora Machel, beloof om van Islamitiese opstandelinge wat in die noorde van die land verwoesting gesaai het, ontslae te raak.

Ramaphosa en die Mosambiekse president, Filipe Nyusi, het die gedenkgeleentheid gelei.

Machel en 35 mense is dood toe ‘n Tupolev-vliegtuig op 19 Oktober 1986 in berge in Suid-Afrika naby die Mosambiekse grens neergestort het.

Ramaphosa het hulde aan Machel gebring vir sy bydrae tot die stryd teen koloniale en apartheidsregering in Suider-Afrika, en het die streek aangemoedig om ‘voort te gaan met die stryd’ vir vryheid.

“Dit is om hierdie rede dat die mense van Suider-Afrika almal gesamentlik besluit het om in solidariteit op te tree om die mense van Mosambiek te help om die opstandelinge wat konflik, onsekerheid en geweld versprei, te beveg.”

“Ek het een boodskap vir die opstandelinge. Ons sal kom vir julle,” het Ramaphosa gewaarsku.

‘Ons sal seker maak dat Mosambiek ‘n land word waar julle geen verdere geweld sal versprei nie,’ het hy gesê.

Sedert die konflik in 2017 begin het is meer as 3,300 mense dood en ongeveer 800,000 mense haweloos gelaat.

Leave a Reply