Julius Malema se woorde Woensdag aan volgelinge in Phokwane, Noord-Kaap: “Werkloosheid en armoede is geen verskoning vir verkragting nie. Trouens, hoe kan ‘n mens so ‘n daad pleeg as jy daardie energie moet gebruik om werk te soek?”
Malema het gesê dat baie mense die verskoning maak dat hulle misdaad pleeg weens desperaatheid wat gepaard gaan met werkloosheid en armoede – wat te verstane is. Maar verkragting was erger as net ‘n misdaad; dit was eintlik ‘n verraad wat nooit geduld moet word nie.
“Verkragting is gelykstaande aan die pleeg van volksmoord. As jy eers verkrag het, het ons niks om na te luister nie; ons het nie plek vir verkragters nie.
‘As jy eers iemand verkrag het, moet jy besef dat jy die persoon se binneste vermoor het. Die liggaam is daar, maar dit is ‘n leë dop omdat jy dit vernietig het.”