‘n Man is gewond toe hy en sy dogter Maandagoggend in ‘n hinderlaag in Sandton ingery het.
Daar is omstreeks 07:00 op die hoeke van Cambridge en Witkoppenstraat op hulle voertuig geskiet. Verskeie skote het die bestuurderskant se venster getref.
Kol. Dimakatso Sello, die polisiewoordvoerder in Gauteng, het gesê: ” Die slagoffer het saam met sy dogter gery toe twee onbekende mans met ‘n silwer bakkie op die slagoffer se wit Mercedes-Benz begin skiet het en van die toneel gevlug het “.
Die gesin is na die hospitaal geneem en ‘n saak van poging tot moord is geopen.
Sello het ‘n beroep op enigiemand met inligting oor die voorval gedoen om Kolonel Aubrey Madingenye te skakel by 071 603 9185, hul naaste polisiekantoor of Crime Stop by 08600 10111.