Skip to main content

Vakansiegangers wat na ’n wegbreek of vakansie smag en reeds aanlyn by ’n bestemming bevestig en betaal het, moet dubbel seker maak dat hulle nie die slagoffers van ’n slenter is nie.

Soms bestaan die plekke glad nie of dit is ander plekke se foto’s wat gebruik word om niksvermoedende mense daarheen te lok. Wanneer gaste dan by hul bestemmings aankom, weet die betrokke plek glad nie dat hulle bespreek of betaal het nie.

Volgens inligting van die Facebook-blad Scammer alert South Africa het talle vakansiegangers onlangs gesê hulle het deposito’s aan bedrieërs betaal, net om uit te vind dat die betrokke bestemming nooit bestaan nie en dat hul hul deposito kwyt is.

Inligting oor vermeende bedrieërs, die skuilname wat deur die bedrieërs gebruik word, asook verdagte bankbesonderhede, word onder meer op hierdie FB-groep gedeel. Die polisie ondersoek talle van hierdie sake.

Leave a Reply

error: Content is protected !!