Daar is restaurante wat met trots aankondig dat ‘al hul werknemers ingeënt is’ en dan is daar dié wat nie enige druk op werknemers plaas om wel die omstrede spuite te kry nie.
Bekgevegte woed oop en bloot hieroor.
Angelo Zachariades, die eienaar van Mozambik in Menlyn Mall, Pretoria, het Vrydag met trots getwiet dat al sy personeellede teen Covid-19 ingeënt is. Min het hy gedink dat sommige sou vra dat sy restaurant geboikot word.
Hier en daar was daar ‘n duimpie vir sy woorde, maar die anti-vax-beweging het vinnig aanvalle geloods op Zacharides se twiet.
Bekendes, soos die akteur Brandon Auret, wat die tol vertolk van Leon du Plessis in die SABC3-sepie Isidingo, was een van die eerstes wat gereageer het.
“Watter restaurant, sodat ons dit kan vermy?” het hy getwiet.
Net tyd sal leer of Mozambik se gaste wel verminder.