Kinders tussen die ouderdom van 12 en 17 kan van vandag af registreer vir die Pfizer-entstof teen Covid-19.
Dit volg nadat die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, verlede week aangekondig het dat alle kinders wat in die ouderdomsgroep val nou vir die Pfizer-entstof in aanmerking kom. Meeste tieners in die ouderdomsgroep is in die hoër skool.
Volgens die woordvoerder van die nasionale gesondheidsdepartement, Foster Mohale, sal die inenting van leerders voordelig wees omdat skole vir die jaareindeksamens voorberei.
Mohale se dat weens die voorbereiding vir eksamens sal daar nie spesiale inentingsgeriewe by skole ingerig word nie.
“Luidens die Kinderwet 3 (Wet 38 van 2005) kan kinders bo die ouderdom van 12 instem om toestemming tot eie mediese behandeling te gee.” Se Mohale.
“Ouers moet verkieslik oop gesprekke met hul kinders hê oor die entstof sodat hulle ‘n ingeligte besluit daaroor kan neem.”
Volgens Mohale is die inenting van kinders en tieners vanaf die ouderdom van 12 ‘n wereldwye verskynsel waaroor ouers hulle nie te veel hoef te bekommer nie.